About
Babaloo en Mamma Leonie Kleuterskole bied ouers die gerustheid om te fokus op hulle werksverpligtinge terwyl hulle kinders versorg word met die nodige liefde en aandag in ‘n veilige omgewing.
Maandae tot Vrydae: [break]06H00 tot 18H00
Ontbyt word bedien: [break]07H30 tot 08H00
Onderrigprogram begin: [break]08h30
Middagete word bedien: [break]Tussen 12h00 en 13h00
Babaloo open en sluit stiptelik: [break]06H00 – 18H00
ALGEMENE INLIGTING:
Babaloo en Mamma Leonie bied:
‘n Stimulasieprogram vir babas wat reeds op ouderdom 3 maande begin,
Babaloo Afrikaans en Engels as voertaal, Mamma Leonie Slegs Afrikaans as voertaal,
Hoë kwaliteit toerusting en onderrig,
‘n Volledige gebalanseerde spyskaart,
Die skool is oop vir 12 ure vir ons ouers se gemak.
Beskikbaarheid van fisio-, spraak, – areidsterapeut, en sister,
‘n Rustige, warm atmosfeer,
‘n Daaglikse verslag word gehou vanaf babas tot pre-primêre ouderdom vir insae deur ouers,
‘n Formele waarnemingsverslag twee keer ‘n jaar vir alle ouderdomme.
Persoonlike onderhoude met ouers rakende kinders se vordering,
Oop en aangename verhoudings tussen professionele personeel en ouers,
‘n Oop deur verhouding met ons ouers rakende enige probleme.
INDIEN ENIGE PROBLEME VAN WATTER AARD OOKAL ONDERVIND WORD, WIL ONS ASSEBLIEF DADELIK DAARVAN KENNIS DRA. (Dit sluit ook enige probleemareas by die huis in, soos bv. dood in die familie, ens. Onthou dit affekteer jou kind. Hulle is miskien klein, maar sensitief en voel spanning aan !)
BUITEMUURSE AKTIWITEITE:Musiek word deur die skool betaal wat deel uitmaak van ons kirrikulum
By Skool aangebied:
Rekenaar
Ballet/HipHop
Wiskunde
Monkeynastix
Rugby
Kinderkinetika
Model
By ander sentrum:
Swemlesse (Dolphin swemskool en Seahorse swemskool)
ONDERWYSERESSE:Ons begin met stimulasie in alle ontwikkelingsfases vanaf 3 maande, wat ‘n unieke aanbieding van opgeleide onderwyseresse as fasiliteerders verg. Ons onderwyseresse spog met kursusse in Babamasering, VVOS kursusse, noodhulpkursusse, en skoolgereedheidskursusse. Die pre-primêre opleiding en jarelange ondervinding rond hierdie professionele opvoeders se ondervinding af. Al hierdie kennis sal in die onderwysprofessie niks werd wees as ons nie met opvoeders wat passievol optree teenoor hierdie ouderdomsgroep werk nie. Hulle insette vorm immers die basis van u kleinding vir die res van hul lewe!!! Leer en ondek deur speel, want grootword is pret!!
ETES
Alle etes word daagliks in ons kombuis vars voorberei.
Babas na gelang van ouderdom. Groente word vir hul gekook.
Ontbytpap – mieliepap, maltabella en oats met bruin suiker.
Toebroodjies – bruinbrood toebroodjie met margarine en smere.
Middagete – word afgewissel.
Drinkgoed – daar word deurentyd koeldrank en water voorsien.
GEEN KOSBLIKKIE WORD GESTUUR NIE. ALLE MAALTYE WORD VOORSIEN.
REGISTRASIE EN SERTIFIKATE: Babaloo en Mamma Leonie is by die Departement van Gesondheid en die Mogale Munisipaliteit geregistreer as ‘n Dagsorgsentrum. Toestemming om die erf vir onderrigdoeleindes te gebruik is verkry. Brandveiligheidsertifikaat is verkry. Inspeksie van Gesondheid en Welsyn word op ‘n gereelde basis gedoen. Babaloos en Mamma Leonie is ook geregistreer by die VVOS (Vereniging vir Voorskoolse Ontwikkeling en Sorg).
SKOOLVAKANSIE EN PUBLIEKE VAKANSIE DAE: Babaloo en Mamma Leonie sluit slegs vir die Desember vakansie vanaf +/- 15de Desember elke jaar. Die skool is op publieke vakansiedae gesluit, sowel as oor naweke en tydens enkel werksdae tussen 2 vakansiedae.
SIEKTETOESTANDE EN AFWESIGHEDE:Moeite word gedoen om kruisinfeksie te beperk deurdat alle speelgoed gereeld gewas en ontsmet word. Daar is ‘n ontsmettingsjelhouer in elke badkamer vir juffrouens en kinders se hande. Kinders eet uit hul eie bordjie met hul eie lepel. Een tissue per kind word gebruik om ‘n neus af te vee, en nie een tissue vir drie kinders nie. Sister Lynette kom doen ook immunisasie by die skool. Dit kan gereël word deur u kind se immunisasie kaart skool toe te stuur. Indien koors by u kind voorkom word u dadelik in kennis gestel en medikasie met u toestemming kan dan toegedien word. Indien u kind enige medikasie deur die dag moet ontvang, moet hierdie medikasie duidelik gemerk en aangeteken word in die kommunikasieboekie. Geen medikasie word toegedien sonder skriftelike toestemming nie. Indien ‘n kind afwesig is a.g.v. siekte moet die skool in kennisgestel word. Indien ‘n kind ‘n aansteeklike siekte het mag die kind nie die skool bywoon nie, dit is die Wet van die Gesondheidsdepartement.
VEILIGHEID:Babaloo en Mamma Leonie se perseel is omring deur ‘n elektriese heining. 24 Uur reaksie eenheid deur Mapogo sekuriteits maatskappy by Babaloo en deur Thompsons sekuriteits maatskappy by Mamma Leonie. ‘n Kamera sisteem wat vanaf die parkerterein reg deur die kleuterskool dekking bied. Die inligting word vir drie weke gestoor indien enige ouer iets wil terug kyk. Die hekke werk met ‘n interkomstelsel en “disc’s” wat vir ouers maklike toegang tot die perseel bied. As ouers perseel verlaat is daar ‘n kodestelsel waarmee hul hulself kan uitlaat. Indien enige ander persoon deur die ouers gemagtig word om kinders by die skool af te haal moet die ouers ‘n formele reeling telefonies met die kantoor of in die kommunikasieboekie met die juffrou gereël word.
SKOOLFOOIE:Skoolfooie is maandeliks (vir 12 maande) vooruit betaalbaar voor die 4de van die maand vir die kalenderjaar. Die kleuterskool kan ouers versoek om die kind uit die kleuterskool te neem indien die fooie nie teen die 15de van ‘n maand betaal is nie, en agterstallige fooie sal onderhewig wees aan invorderingskommissie, prokureurs-en kliëntefooie. State word per e-pos of per toegevoude koevert aan u gestuur, indien die ouers dit verlang.
NOODHULP:Noodulp kursusse is deur personeel bygewoon en sertifikate is verkry. Babaloo en Mamma Leonie het ook direkte kontak met die nooddienste. Toestemming moet deur ouers verleen word dat die kinders in ‘n noodgeval, by die naaste dokter of hospitaal gehelp mag word, vir die rekening van die ouers.
PERSOONLIKE EIENDOM VAN KIND: Kinders moet reeds geklee in speelklere by skool aanmeld. (geen slaapklere asb) Skool versoek dat kinders met ekstra klere en onderklere in hul tas kom. Beperk klere tot die minimum, veral skoene in die somer. Merk alle klere en besittings van elke kleuter duidelik. Benodigdhedelyste word aan elke klassie voorsien vir die jaar. Geen eie speelgoed mag na Babaloo en Mamma Leonie gebring word, tensy dit deur die onderwyseres vir ‘n spesiale geleentheid versoek word. (die skool is nie verantwoordelik vir verlore goedere nie.) Indien u kleinding in die middae wanneer hulle huistoe gaan van kop tot tone vuil is, onthou dat hulle lekker gespeel het !!!. Kinders word wel skoon gemaak (hande en gesiggies), maar nie gebad nie.
Location
📍 Mamma Leonie Kleuterskool, Swallow Street, Rant-En-Dal, Krugersdorp, South Africa